Chane Brits is gebore op 26 Mei 1993 in Port Elizabeth en is tans woonagtig in die Vaaldriehoek. Sy het skoolopleiding tot graad 12, Vaalpark Articon (School of excellence). Chane sing al vir nege jaar waar sy in 2011 professioneel begin optree het.

Sy het optredes by talle feeste gehad waar sy voorskoue gedoen het vir groot name in die musiekbedryf. Chane was al te siene by die Musina Skou, Ouetehuis Musina, Skoolfunksies, Istores funksie in Warmbad, Troues, Caltonville potjiefees, Spannerfees, Varkfees, Standerton Hoeveldfees, Tekkiefees (Vereeninging), Mnr en Mej tekkie HTS Vereeniging, Supersterre en nog vele meer.

Chane is ‘n energieke kunstenaar wat opgewekte liedjies sing asook country en gospel as aangevra word. Sy het 5 oorspronklike liedjies waar Amrian Terblanche 1 geskryf het en Peer Rossouw die ander 4. Hierdie liedjies sal binnekort te hore wees op haar album. Sy probeer om elkeen aan te raak met dit wat sy doen. Musiek is Chane se passie en sy geniet haarself altyd gate uit. Sy glo, as jy jou droom volg sal jy bereik wat jy wil he, “werk hard en eendag sal jy die vrugte daarvan pluk”.

Vandag streef Chane steeds om een van ons land se beste kunstenaars te word.


 

© Kopiereg CHANE BRITS 2012

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola